Die bekende argitek Pierre Vlok het ‘n skuur op die plaas in hierdie unieke proelokaal omskep.
Die proelokaal het sy deure in 2024 oopgemaak, en is perfek vir klein groepies van nie meer as 20 op ‘n slag nie.
Ons wyne word in Riedel glase geproe en die hele wynproe ondervinding is gratis, maar ‘n tyd moet vooraf bespreek word.
Gaste word met Limoncello verwelkom om die pallet skoon te maak. Slegs die beste alkohol en bestanddele word gebruik.
Ons hele wynproe onderving is gratis asook versnaperings wat kase en bees sowel as volstruis biltong insluit.
Ons wyne word na enige plek in Suid-Afrika versend.