Nietgegund

se Geskiedenis


1679

Goewerneur Simon van der Stel stig Stellenbosch, wat “Van der Stel se bos” beteken.

Die vrugbare grond langs die riviere het baie setlaars gelok om hier te boer.

   1700's

Hulle het gevind dat die area waar Nietgegund vandag is, die beste geleë was vir wingerd. Dit was as gevolg van die koel briesie uit Valsbaai, en wingerd was toe in vandag se Blaauwkippenpad en nabye areas geplant.

In daardie area was ook Rustenburgplaas gewees.

1790

n Deel van Rustenburgplaas was aan Hermanus Johannes van Brakel verkoop. Dit was Nietgegund genoem en het deel van die Stellenkloof area geword. Hulle het nog wingerd bygeplant.

  1792

Van Brakel bou unieke brandewyn oonde en goeie brandewyn word gestook.

  1800's

Goeie kwaliteit grappa word ook gemaak.

  1853

Na Van Brakel se afsterwe is daar niks te vinde oor brandewyn en grappa nie, en die plaas het sedertdien verskeie keer van eienaars verander.

  1979's

Die area waarin Nietgegund geleë is, word die Goue Driehoek genoem oor die goeie wyne wat uit hierdie area afkomstig is.

  2000

Jan en Jeanine Dreyer word die nuwe eienaars van Nietgegund en wingerd word weer aangeplant.

  2009

Die eerste wyne word gemaak onder die Pro Amico etiket.

  2010

Nietgegund se wyn kry 4 sterre by Platter.

  2015

Nietgegund kry ’n Silwer toekenning by Old Mutual.

  2023

Nietgegund se wyne word onder die Nietgegund etiket gebottelleer.

  2023

Egte limoncello word op Nietgegund gemaak.

  2024

Nietgegund open hul proelokaal.

Ons Storie

Nietgegund is die Nederlandse naam vir “nie gegee”. Dit verwys na meeste plase wat in die vroeë dae verniet aan setlaars gegee was, terwyl die eerste eienaar van Nietgegund daarvoor moes betaal het. 

Stellenbosch het ‘n ryke geskiedenis as dit by wyn kom, en als het in 1659 begin toe Jan van Riebeek by Groot Constantia die eerste wingerd in die Kaap geplant het.


Die Nederlanders wat ’n halfweg stasie in die Kaap gestig het vir skepe op reis tussen Europa en die Verre Ooste, was gedurig op soek na vrugbare grond vir die verbouing van vrugte, groente en druiwe. Dit was juis hieroor dat hul verder weg van die Kaap begin soek het vir meer vrugbare grond en dat Stellenbosch daaroor hul eerste “ver weg” nedersetting geraak het.


Simon van der Stel het Stellenbosch in 1679 langs die Eersterivier gestig. Die ligging tussen die berge, langs ’n rivier en met ’n koel briesie van die see het dit die perfekte plek gemaak vir ’n nedersetting en gou was plase uitgesit en aan setlaars gegee.


en_ZAEN_ZA